Waterberg Stereo streef daarna om met goed geballanseerde inhoud weer hoop in ons gemeenskappe en huishoudings te bring. Dit is vir ons belangrik om nie net ons luisteraars in te lig en op hoogte te bring van wat in ons dorpe en stede, asook ons land en die wêreld aan die gang is nie, maar ook ‘n aangename luisteraarservaring te bring.
Alhoewel ons in baie deurmekaar tye in ons land en ook in die wêreld leef, is dit belangrik dat ons positief bly en ‘n positiewe impak maak op ons onmiddelike omgewing. Dit begin in ons gesinne en families en kring dan uit na ons werksplekke en skole tot dit oorspoel na ons dorpe en stede.
Baie dinge loop verkeerd in ons land en ons kan gaan sit en kla en vinger wys en in depressie verval of ons kan opstaan en ‘n verskil maak. Die keuse lê by elkeen van ons.
Ons uitgangspunt by Waterberg Stereo is dat ons nie die land by ons ouers geërf het nie, maar dat ons dit by ons kinders leen. Kom ons poog om dit beter terug te gee vir die volgende geslag as waarin ons dit ontvang het.
Ons hier by Waterberg Stereo het die besluit gemaak – Ons gaan ons beste gee. Ons doen ‘n beroep op elkeen van ons luisteraars en volgelinge – klim in saam met ons.
![]()
All Rights Reserved of this website. All trademarks, logos, images, and content remain the property of their respective owners. Unauthorized use, reproduction, or distribution of any material from this website is prohibited without prior written consent.