Zoë is gebore uit die besef dat baie vroue eintlik nie ‘n kosbare en volledige inleiding tot menstruasie of die ontvouende fases van ontwikkeling gehad het nie. Selfs al het ons ‘n gesprek met ons ouers daaroor gehad, was daar baie keer skaamte daaraan gekoppel, of onbeantwoorde vrae het in die lug weggeraak en moes ons self regkom en ons weg vind deur die onbekende.
Zoë wil lig en lewe in die donker inblaas. Dit is so ‘n spesiale oorgang en ons wil seker maak daar is ‘n beter manier vir mamma en dogter om oor hierdie onderwerp te gesels.
Dis hoe die Zoë Bederfboks ontstaan het. Dit is ‘n bekendstellingspakkie met al die noodsaaklike produkte, bederfies, en ‘n Zoë boekie om haar voor te berei op alles wat moontlik op haar wag. Ons fokus is gemaklike, natuurlike en Trots Suid-Afrikaanse produkte wat goed is vir jou en vir die natuur.
![]()
There are no similar listings
All Rights Reserved of this website. All trademarks, logos, images, and content remain the property of their respective owners. Unauthorized use, reproduction, or distribution of any material from this website is prohibited without prior written consent.